Goed, maar nog goggas
–
Biggs_ZA –
2020-12-25
Version 3.8.5
Die toegang tot ‘n wye reeks media maak die subskripsiefooi die moeite werd. Tog begryp ek nie waarom daarna boonop “Google Ad Service” advertensies noodsaaklik is wanneer ‘n mens ‘n ingeteken en betaal het nie?
Ten opsigte van die gebruik, het die app het ‘n paar lastige punte. Soms is die artikels te raaksensitief en artikels open terwyl ‘n mens na onder beweeg. Intussen het die bywerkings hierdie probleem egter verbeter.
Daar is ook dat die verbinding tussen die gekose artikel en inhoud verkeerdelik verbind, bv. ‘n mens druk op die koronastatistiek, maar word na die Amerikaanse verkiesing herlei.
Die verbinding tussen die artikels en titels is dikwels traag, d.w.s. ‘n mens kies ‘n artikel, maar die inhoud neem lank om te open/laai.
Daar blyk ook ‘n slegte verbinding tussen die gebruikersdatabank en app te wees omdat my rekening in die aanmeldingsproses nie altyd slaag nie en “hang”. Die app meld ook dikwels vanself af.
Daardeur dat hierdie ‘n betaal-app is, het ‘n mens dikwels hoë verwagtings en sedert die volle iOS-ondersteuning van die donkermodus, benut die app hierdie funksie nog nie.